Welkom by NG Kerk Magalieskruin.
Eredienste
Weens COVID beperkings moet daar tans bespreek word om eredienste by te woon. Kontak die kerkkantoor by 0125481245.
Eredienste word per WhatsApp, FaceBook en hier versprei.
Ontvang die eredienste elektronies deur jou inligting te stuur na: 0726953695 (Nie vir besprekings nie.)
Die Kerkkantoor is oop weeksdae 08:00 - 13:00
Gee jou dankoffer:
BANKREKENING:
NG Gemeente Magalieskruin-Pretoria,
ABSA
Takkode 632005
Tjekrekeningnommer 090 590 537
Covid-19
Gesondsheidspersoneel van alle beskrywings speel 'n sleutel rol in die geveg teen die COVID pandemie. Dit geskied dikwels onder groot persoonlike druk en risiko.
Ons sê graag dankie aan almal en verseker hulle van ons gebede.
Dit was ons voorreg om vandag 300 dankie sê briewe (met 'n klein sjokolade) aan die personeel van Montana Hospitaal te oorhandig as 'n teken van ons dankbaarheid. In die afgelope maande was talle van ons lidmate onder hulle bekwame sorg. Baie van die personeel is self lidmate by ons.
Hier ontvang Esmarie Avenant, 'n suster van Montana Hospitaal, die briewe van Erika Lemmer.…
ContinuePosted by Louis Lemmer on February 4, 2021 at 2:15
Ons gesondheidswerkers doen tans sleutel werk onder geweldige persoonlike druk. Baie is op breukpunt, almal het ondersteuning nodig. Ons skryf briewe aan die personeel van Montarna hospitaal net om dankie te sê. Dit het groot waarde. Maar ons kort nog sowat 800 briewe om vir elkeen een te kan gee!! Ons vra mooi. Skryf 'n brief. Jy kan dit by die kerkkantoor afgee gedurende weeksoggende of by Ds. Louis se adres soos aangedui op die meegaande pamflet.
Posted by Louis Lemmer on January 20, 2021 at 13:08
© 2021 Created by Louis Lemmer.
Powered by