Magalieskruin gemeenskap

Face2Face Uitreik 2018 Durban

Event Details

Face2Face Uitreik 2018 Durban

Time: April 27, 2018 to April 30, 2018
Location: Durban
Phone: 082-441-7030 frednel@telkomsa.net
Event Type: uitreik
Organized By: Fred Nel
Latest Activity: Mar 6

Export to Outlook or iCal (.ics)

Event Description

 Ons nooi alle lidmate en jongmense om 27-30 April 2018 vir die langnaweek saam te kom na Durban vir ‘n lewensveranderende, kruiskulturele, geïnspireerde sendingondervinding in Durban.

Kom “indoor camp” saam in ‘n pragtige, veilige Indiër Christenkerk.

Kom leer en ervaar wat Christenskap beteken vir ‘n bekeerde Hindoe of Moslem. Leer hoe om te bid vir Hindoes en Moslems en teenoor hulle te kan getuig. Gryp die geleentheid aan om dit wat jy gaan leer, met van hulle te deel terwyl jy op straat hulle lekkernye geniet of deur hulle eie tempels en moskees beweeg.

Kom beleef hoe die Here deur jou ‘n verskil in iemand anders se lewe kan maak. Kom geniet die see, gasvryheid en seën in ‘n naweek wat jou altyd sal bybly.


Indien jy belangstel om saam te gaan, kontak Fred Nel (082-441-7030/frednel@telkomsa.net) vir meer besonderhede, koste en registrasie.

Comment Wall

© 2018   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service