Magalieskruin gemeenskap

Lerato La Mme Daycare
Hammanskraal

Lerato la Mme, wat beteken die liefde van ‘n moeder, is ‘n gepaste naam vir hierdie kleuterskool en dagsorgsentrum in Kekana Gardens, Hammanskraal. Daar word tans meer as 200 kinders, van baba tot graad 0, in hierdie sentrum versorg. Hierdie is ook die tuiste van 14 weeskinders wat geen ander heenkome het nie. Kinders wat bedags hierheen kom, word nie net opgepas en besig gehou nie, maar ontvang 2 etes per dag, plus lering en stimulasie.

Onica Hlabena, ‘n Christenvrou met hope energie en inisiatief, is skoolhoof en eienaar van hierdie sentrum. Sy is ook ma vir die 14 weeskinders, wat sy wettiglik aangeneem het.

Vanaf 2010, toe ons as ‘n selgroep by hierdie kleuterskool betrokke geraak het, was daar 2 groot behoeftes, nl fisiese behoeftes weens armoede van die gemeenskap, en behoefte aan kennis en bemagtiging.

Ons spreek die fisiese behoeftes aan deur skenkings van soja, skryfbehoeftes, klere vir weeskinders, komberse e.a.


Die behoefte aan bemagtiging van onderwyseresse, wat min of geen opleiding ontvang het nie, is meer kompleks. Ons het begin deur vir Onica te help en te bemoedig om regeringsubsidie vir opgeleide Graad 0 onderwyseresse te kry. Tans het sy 6 Gr 0 klasse met onderwyseresse wat ‘n mate van opleiding ontvang het.

Van die begin af het ons egter begin om onderwyseresse toe te rus met hulpmiddele en onderrigmetodes, en ook om hulle te leer en motiveer om die kleuters Bybellesse te leer.

Lewensvaardighede word ook vir hulle geleer, daar word gepoog om hulle te leer om selfversorgend te wees deur o.a. groentetuine en aanhou van hoenders. Verder word verhoudinge gebou deur saam met hulle kuns- en vaardigheidsoggende te hou.

Enige hulp, veral hulp met toerusting van onderwyseresse, sal waardeer word.

Vir meer inligting, kontak Annette van Niekerk, e-pos annette.vanniekerk@axxess.co.za,
tel 083 6097953, of Gerda Mare by 083 3001320.

Onica se tel nr: 081 2632106.

Views: 199

Attachments:

© 2019   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service