Magalieskruin gemeenskap

Huwelik

Die besluit om te trou is een van die belangrikste besluite van jou lewe.

Ons help graag pare om die beste moontlike van hierdie besluit te maak.

HUWELIKSVOORBEREIDING

Hoe beter voorbereid julle is, hoe beter is julle kans op 'n gelukkige en gesonde verhouding.

Kontak Ds. Louis Lemmer (012 567 5580) of louis.lemmer@telkomsa.net om julle te help.

Huweliksvoorbereidingskursusse word drie maal per jaar gehou.  Kontak ons tenminste vier maande voor die beplande datum om seker te maak dat julle hierby kan aansluit.

Huweliksvoorbereiding bestaan uit twee gedeeltes.  Die eerste vind in groepsverband op bepaalde datums plaas.  Alle pare moet een van hierdie geleenthede bywoon.  Die tweede gedeelte vind op afspraak met Ds. Louis plaas en is persoonlik op julle verhouding gemik.  Dit is 'n fasilitering oor julle verhouding.

TROU REëLINGS

Onthou om die predikant wat julle gaan trou betyds te kontak om seker te maak of hy beskikbaar is.

Indien die kerkgebou benut word moet die bespreking by die kerkkantoor gedoen word.

Vir almal wat in die kerk self wil trou: Huweliksregistrasievorm.pdf

© 2017   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service