Magalieskruin gemeenskap

Ons gemeente is al etlike betrokke by Tshwane North Outreach (Wolmer Projek) se Gr R klassie (die Suikerbekkies) net hier anderkant ons in Pretoria Noord betrokke. Van die klassies het al by ons Kuiermark in Junie opgetree.

Hierdie jaar se 26 Suikerbekkies het egter ‘n groot behoeftes aan nuwe of
gebruikte skoolbenodighede, byvoorbeeld:
• HB potlode, penne,
• inkleurpotlode, uitdraaikryt, kokipenne.
• Lang liniale, uitveërs, skerpmakers met ‘n opvangbakkie, skêre.
• Pritt en Ponal gom.
• Gebruikte papier met ‘n skoon kant.
• Kinderboekies om te lees.
• Tydskrifte om uit te sny.
• Plakkate vir die klaskamer.
• Witbordjies en witbordpenne (nie-permanent).
• “Flip files” om werk in te bêre.
• Boontjiesakke, balle, springtoue.
• “Tissues”, toiletpapier, “wet wipes”.
• Tasse, kosblikke.

Ondersteun asb hierdie groepie kinders. Items kan in die week by die kerkkantoor of Sondae by die navraetoonbank afgelewer word.
Navrae: Hannelie de Beer 082 5563 672

Views: 26

Add a Comment

You need to be a member of Magalieskruin gemeenskap to add comments!

Join Magalieskruin gemeenskap

© 2018   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service