Magalieskruin gemeenskap

28 Augustus- 15 September 2019 Ons gemeente-reeks gaan fokus op n nuwe, beter, gesonder JY en bevat alles wat jy nodig het om belangrike en groot veranderinge in jou lewe te maak. Oor die volgende 4…

28 Augustus- 15 September 2019


Ons gemeente-reeks gaan fokus op n nuwe, beter, gesonder JY en bevat alles wat jy nodig het om belangrike en groot veranderinge in jou lewe te maak. Oor die volgende 40 dae wil ons bietjie prakties raak en wil ons vir jou die nodige toerusting gee om elke dag van toekoms optimaal te kan benut.

Die reeks sluit af met ‘n lekker gemeentefees.

Om hierdie reeks n sukses te maak sal jy dit nie alleen kan doen nie, daarom moedig ons elke lidmaat aan om deel te raak van n kleingroep. Jy en jou vriende kan vir die reeks n groep stig of jy kan by n bestaande groep inskakel, maar moet dit asseblief nie alleen aanpak nie. Nooi sommer jou buurman of iemand wat jy ken, al is hulle nie in Magalieskruin Gemeente nie, ALMAL is welkom!

Vanaf 4 Augustus is boekies te koop teen R10 by die navraetoonbank na die eredienste en ook gedurende die week by die kantoor en dis ook elektronies beskikbaar op die webwerf (www.magalieskruin.com).

Kontak die kerkkantoor (010-003-3519) of enige predikant vir navrae.

Want jy kan doen met n BETER JY!

Luister na die preke hier!

Laai die "Beter jy" boekie hier af!

Views: 215

Add a Comment

You need to be a member of Magalieskruin gemeenskap to add comments!

Join Magalieskruin gemeenskap

© 2019   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service