Magalieskruin gemeenskap

Dieper: 'n Reeks oor fundamentele geestelike groei

‘n Ses weke reeks wat jou dieper insig sal gee, en prakties sal toerus vir jou persoonlike pad van geestelike verdieping.

5 Augustus tot 16 September

Oor hierdie periode sal ons elke Sondag tydens die eredienste ‘n nuwe tema inlei. Woon jou normale erediens by.

Maandag aande is daar ‘n Woordskool geleentheid (18:45 tot 20:00) wat sleutel praktiese vaardighede oordra wat by die nuwe tema pas. Moet dus nie die Woordskool misloop nie, dit is ‘n baie belangrike deel van die reeks!

Vir die res van die week is daar materiaal uitgewerk vir ‘n kleingroepsbyeenkoms en ook vir jou daaglikse persoonlike stiltetyd. Ons beveel aan dat jy deel word van ‘n kleingroep as deel van jou geestelike groei.

Nooi jou vriende en groei saam!

Die persoonlike stiltetyd boekie sal vanaf Sondag by die kerk beskikbaar wees.

Dit is tyd om verby die skuld gevoelens, oppervlakkige antwoorde en flou verskonings te beweeg.

God roep jou tot diepgrondige geestelike groei!

Views: 76

Add a Comment

You need to be a member of Magalieskruin gemeenskap to add comments!

Join Magalieskruin gemeenskap

© 2019   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service