Magalieskruin gemeenskap

Dankie aan almal wat steeds op 'n daaglikse basis donasies inbring na die kerk. 

Almal se bydraes maak 'n reuse verskil!

Dit stel ons instaat om mense in ons gemeenskap by te staan.  Ons maak tans skenkings aan 'n verskeidenheid van noodleniging aksies in ons omgewing asook gesinne wat in nood verkeer.

Bydraes kan steeds weeksdae by die kerk afgelewer word.  Daar is 'n sekuriteitswag wat vanaf 07:000 tot ongeveer 17:00  die Joycelaan hek beman.  Kontak een van die leraars indien jy nie kan toegang kry nie.  Na ure kan jy dit in die houers by die hek plaas.

Ons doen steeds 'n beroep op almal om nie donasies op die strate of aan organisasies of individue wat skielik hulleself voordoen as noodlenigingswerkers te maak nie.  Dit veroorsaak dat beperkte bronne nie effektief aangewend word nie of uitgebuit word. Ons het 'n oorkoepelende forum gestig van al die organisasies wat in ons omgewing werk en maak so seker dat ons die mees effektiewe benutting van die bronne het. Saam ryk ons uit na gesinne in ons omgewing, sopkombuise, plekke van versorging en ook die mense wat in die plakkerskampe bly.

Die volgende items kan handig wees: Nie bederfbare kosse soos rys, pasta, meel, sout, olie, aanmaak koeldrank, langlewe melk, tee, koffie, suiker, sop, blikkies kos, honde en kat kos.  Ook seep, shampoe, sanitêre ware, komberse, doeke en klere.

Ons het 'n vertroulike aanmeldingsnommer waarby jy kan aanmeld as jy hulp nodig het.  Stuur 'n WhatsApp of SMS na 0726953695.

Dankie vir die skenkings!

Kos oppad na Sinoville Krisis Sentrum

Views: 5

Add a Comment

You need to be a member of Magalieskruin gemeenskap to add comments!

Join Magalieskruin gemeenskap

© 2020   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service