Magalieskruin gemeenskap

Jy kan nou enige dankoffers of betalings aan die gemeente via jou selfoon doen!

Magalieskruin is nou by SnapScan geregistreer.  Dit beteken dat jy, sonder enige ekstra koste aan jou, oorbetalings aan die gemeente vanaf jou selfooon kan doen.

Al wat jy nodig het om te doen is om eenmalig jou selfoon by SnapScan te registreer deur 'n "App" van die "Playstore" af te laai (Soos jy met WhatsApp moes doen).  Hou jou bankkaart byderhand! 

Na jy geregistreer het kan jy deur eenvoudig 'n foto te neem jou betalings doen.  Jou selfoon is nou so goed soos jou kredietkaart!  SnapScan werk ook by baie winkels.

SnapScan werk met 'n "QR Code", wat basies net 'n gekompliseerde "bar code" is.  Die spesifieke prentjie hieronder is Magalieskruin se unieke skakel en neem jou na ons betaling plek.  Hier kan jy nou kies hoeveel jy wil gee en jy kan ook aandui waarvoor die geld gaan.  Op jou selfoon het jy ook verslag van al jou betalings.

So maklik soos dit!

Laai dus nou die SnapScan App af en maak jou eerste skenking!

Views: 21

Add a Comment

You need to be a member of Magalieskruin gemeenskap to add comments!

Join Magalieskruin gemeenskap

© 2018   Created by Louis Lemmer.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service