Dertien vroue wat op ‘n Woensdag by die Vaardigheidsbediening opgelei word, het hierdie kwartaal gewoel en uit materiaal wat in voorraad was (voorheen deur skenkings ontvang) kinderklere geproduseer. ‘n Paar gemeentelede het ook meegehelp en 19 stelle sweetpakke, 19 rompe, 11 tops, 19 lang- en 5 kortbroeke is Sondag 2 Julie aan die Jan Niemandpark uitreik oorhandig. Dit was hulle manier om dankie te sê aan die gemeente vir die geleentheid om opleiding in masjienwerk en ander naaldwerkvaardighede te ontvang.
- Rhona von Schlichting (Leidster)
© 2019 Created by Louis Lemmer.
Powered by
You need to be a member of Magalieskruin gemeenskap to add comments!
Join Magalieskruin gemeenskap